X C o n t e s t   2 0 0 9

Forgotten password?

Cloudbusters Challenge 2009

 


 

Welkom by die Cloudbuster XContest 2009 klub liga

Die klub liga word gehou om al die maatjies te motiveer om hulle vlugte te log en met almal te deel. Enige Cloudbuster is welkom om aan die kompetisie deel te neem. Indien jy ‘n Cloudbuster wil word, kontak ons en sluit aan. Ons klub vergaderings word elke 1ste Donderdag van die maand gehou.

Ons kompetisie het 3 afdelings. Langste in die lug, en dan 2 langste afstand vlieg afdelings; DHV1-2 en laer, en oop klas. Hierdie jaar se kompetisie sal bietjie korter wees as toekomstige jare se kompetisies. Ons gaan die jaar se kompetisie eindig saam met die XContest op 30 September 2009.

Die reëls vir die langste in die lug is eenvoudig; Die persoon wat in totaal die langste vlugte het wen. Dit is nie ‘n gemiddeld nie.

Reëls in terme van die afstand sal dieselfde wees as die World XContest wees. Gaan kyk gerus hoe reguit lyn en driehoeke bepaal word. As jy deur die jaar van ‘n DHV1-2 na ‘n hoër vlerk opgradeer sal al jou vlugte tot en met die oorskakeling vir die DHV1-2 klas tel. Vir die oop klas sal alle vlugte tel. Dit beteken ‘n DHV1 vlerk kan al 3 afdelings wen!

Ons is nog besig met borge maar daar behoort 3 pryse in elke afdeling te wees.

Vir enige kontak inligting, kontak ons gerus:

www.cloudbusters.co.za

xcontest@cloudbusters.co.za

 






Sections: